Stadig Verblind

Mind Assault

Ons is nooit in staat om iets te kan wees nie
Want in jou, haat jy ons
In jou oe is ons verkeerd, maar die lem draai stadig
En steeds is jy nog hier
Jy is suur van die kanker

Wat in jou bloed vloei is die gif wat
Jou te gemoed kom en die lyding is so swaar
Verblinde oe brand ons lewend
Merke van swaarte, straal uit jou siel
Verteer al die gevoelens doelbewus
En breek weg om my siel te rus

Begrawe in n graf van valsheid en leuens
En tog baklei ons terug
Ek staan op vir my lewe
Daar is geen manier wat ek jou sal kan
Vergewe vir al die kak wat ek moes verduur

Verblinde oe brand ons lewend
Merke van swaarte, straal uit jou siel
Ons word stadig verblind
Die ketting is vasgebind
Dit begin by jou as kind
Ons word stadig verblind
Verblinde oe brand ons lewend
Merke van swaarte, straal uit jou siel

Tracker

All lyrics are property and copyright of their owners. All lyrics provided for educational purposes only.